Druk teen ECN kry spoed

Die verdwyning van vier stemstoestelle in Swapo se besit dreig om vanjaar se verkiesing te laat ontspoor.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die drama rondom die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) én Swapo, omdat hulle vir twee jaar geswyg het oor stemtoestelle wat in die regerende party se besit verdwyn het, is besig om uit te kring.

Adv. Notemba Tjipueja, voorsitter van die ECN, het gister geweier om selfs te sê wat die saaknommer is van die polisiedossier.

Volgens haar kan sy net reageer as skriftelike navrae aan die kantoor van die uitvoerende hoof, mnr. Theo Mujoro, gerig word.

“Ek het nie daardie inligting by my nie.”

Mujoro het op sy beurt aan Republikein gesê hy sal terugkom met die saaknommer.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister gesê hy kan net opvolg in watter stadium ’n ondersoek is as hy toegang tot ’n saaknommer het.

Dit blyk onseker te wees of ’n saak wel aanhangig gemaak is.

Nuus oor die verdwene elektroniesestemtoestelle het verlede week eers bekend geword nadat The Namibian dit aan die kaak gestel het.

Sedertdien is die kiesliggaam onder skoot oor die jare lange stilswye.

Politieke ontleders meen dit plaas die presidensiële en Nasionale Vergadering (NV)-verkiesing onder verdenking.

Die grondaktivis en dosent, mnr. Job Amupanda, van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), het die afgelope week aan Mujoro geskryf om te sê die verdwyning van EVM’s laat vrae rondom die geloofwaardigheid en integriteit van die verkiesing op 27 November ontstaan.

Mujoro het gister gesê die ECN is besig om op Amupanda se brief te reageer.

Catherine Sasman berig die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het by monde van sy president, mnr. McHenry Venaani, gesê hoewel die PDM nie aan die verkiesing onttrek nie, beraadslaag hulle tans met staatshoofde uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) oor die weg vorentoe.

IPPR maak ook stem dik

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het ook gister hul stem hieroor dik gemaak.

Die IPPR-navorser mnr. Frederico Links het gesê die ECN moet hul kant bring om fopnuus en vals inligting hok te slaan.

“Ek moedig die ECN aan om baie oop te wees. Om deursigtig te wees.”

Links sê hy is veral bekommerd oor die teenstrydige weergawes oor die verdwene EVM’s.

Die masjiene is glo twee jaar gelede deur die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, toe hy die prokureur-generaal was vir ’n Swapo-geleentheid by die ECN geleen en nooit terugbesorg is nie.

Aan die een kant beweer die ECN die polisie is besig met ’n ondersoek na die voorval, terwyl die polisie op hul beurt ontken het hulle was besig met ’n ondersoek, het Links gesê.

“’n Vinnige en duidelike reaksie is nodig om vals inligting hok te slaan voor dit buite beheer raak,” het hy by ’n Windhoekse hotel gesê.

Shanghala het die afgelope week na wat berig is alle navrae oor die verdwene masjiene na die ECN verwys.

Een van die aanvanklike vier masjiene is glo later gevind.

Kandidatelys gefynkam

Mujoro het gister gesê hulle is tans besig om die lys van kandidate, wat hoop om ná die verkiesing die NV te haal, te fynkam.

Sou hulle ontdek name is op dié lys wat nie daar hoort nie, “sal regstellende stappe gedoen word om te verseker daar is absolute nakoming (van die wet)”.

Dít kom nadat die ECN verlede week ’n storm laat ontstaan het toe hulle gesê het enigiemand wat tans in die Nasionale Raad (NR), ’n streekraad of ’n plaaslike owerheid dien of vir die staat werk, moet onmiddellik bedank om as kandidate bevestig te word.

Die ECN het gesê hulle het regsadvies ingewin oor die lees van bepalings in die kieswet en die Grondwet.

Altesaam 16 Swapo-NV-kandidate, insluitend die voorsitter van die NR, me. Margaret Mensah-Williams, het inderhaas die tuig neergelê.

Die sowat 40 kandidate van die PDM, wat ook deur die interpretasie van die wet geraak word, het geweier om te bedank.

Oor die gebruik van die EVM’s tydens vanjaar se verkiesing is Mujoro onversetlik: “Ons is oortuig – geskoei op ons eie evaluering – dat die EVM’s waarde toegevoeg het sedert hulle in gebruik geneem is – veral met betrekking tot die tel van stemme.”

Mujoro sê voorts vyf tussenverkiesings is deur die bedankings genoodsaak. Dié verkiesings moet binne 90 dae ná die bedanking geskied.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.31 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.83 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.99/OZ UP +1.19% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0017 | Zinc US$ 2 982.80/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 1 058.83/OZ UP +1.44% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.31 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.83 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.99/OZ UP +1.19% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0017 | Zinc US$ 2 982.80/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 1 058.83/OZ UP +1.44%