Droomdrie aan Plato se oorlede vriend opgedra
Die jongelinge in die groep sal selfvertroue en trots uit die Wêreldbeker-ervaring put, sê afrigter Phil Davies.
Die Namibiese regtervleuel Chad Plato het sy droomdrie in die doodsnikke van sy Wêreldbeker-debuutwedstryd teen Italië aan sy oorlede beste vriend opgedra.
Plato is een van drie 21-jariges in die Namibiese spelersgroep in Japan en die wenkbroue het nogal gelig toe afrigter Phil Davies hom in sy Wêreldbeker-groep ingesluit het ten koste van die veteraanheelagter en drieërekordhouer Chrysander Botha.
Italië het met 47-22 gewen, maar Plato het 'n goeie vertoning met 'n puik drie ná 78 minutE afgerond. Sy lopie van 45 meter deur die middelveld vanaf 'n lynstaanbal en 'n vlak binne-aangee deur Eugene Jantjies wat in 'n losskakel-posisie gestaan het, het die skare in die Hanazono-stadion op hul voete gebring.
“Dit het só goed gevoel. Ek voel só geëerd. Ek het net aan my vriend Sedick Brenner gedink. Hy het gesterf in 'n verdrinking (by Langstrand verlede jaar) wat steeds 'n raaisel is.
“Sedrick het altyd in my geglo; hy was my beste vriend. Ek dra daai drie aan hom op,” het Plato agterna aan rugbymedia in die stadion gesê.
“Om my eerste drie in in my debuut by die Wêreldbeker te druk, is 'n trotse oomblik vir al my familie en vriende by die huis.”
Plato is die derde jongste speler in die toergroep (21 jaar 154 dae, Sondag), benewens die stut André Rademeyer (21 jaar 90 dae) en flank Prince !Gaoseb (21 jaar 77 dae).
Die stut Nelius Theron, haker Obert Nortjé en losskakel Cliven Loubser is almal 22 jaar oud.
Nog 'n jongeling wat een van die ysters was, was die klipharde en hardwerkende flank Wian Conradie, wat as 24-jarige reeds in sy tweede Wêreldbeker speel.
Conradie was die voorste duikvatter op die veld (12 uit 12), met sy kaptein Tjiuee Uanivi (elf uit elf) en agtsteman Janco Venter (tien uit tien) wat ook hul kant gebring het wanneer dit tyd vir keerwerk was. Hy het veral Italië se losskakel Carlo Canna in die tweede helfte soos 'n hamer getref.
Conradie het aan die media gesê: “Ons is teleurgesteld om te verloor, maar ons het ook goeie dinge gedoen. Ons het net te veel sagte foute langs die losskrum en afbreekpunte gemaak.
“Ek is opgewonde om in my tweede Wêreldbeker (ná Engeland 2015) te speel. Miskien kan ek eendag vir Eugene Jantjies (vierde Wêreldbeker) inhaal. Dit is 'n gesonde situasie dat ons 'n klompie nuwelinge het wat vir die eerste keer die gevoel van 'n Wêreldbeker beleef.
“Nou weet hulle wat in die komende weke vir ons voorlê.”
Afrigter Phil Davies het gesê: “'n Vertoning soos vandag gee vir die 21- en 22-jariges in die groep die selfvertroue, trots en kennis van wat in die volgende wedstryd voorlê. Dit is waarop ons moet voortbou.
“Ons wil met mannemoed en flair speel en goed gestruktureer wees.
“In die geheel was dit opwindend om die spelers se toewyding te sien en die ingesteldheid waarmee ons wou speel. Ons moet net volgende keer 'n bietjie meer akkuraat wees.”
– Bygewerk van rugbyworldcup.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie