Droombos-drome

13 September 2019 | Kuns en vermaak
Net ‘n kort entjie uit die hoofstad, op die lughawepad, is Droombos – die venue waaroor jy al vir jare droom om jou spesiale geleentheid aan te bied.

Met Kollig se onlangse besoek aan die landgoed ná hul amptelike opening, is ons hartlik verwelkom deur die banketbestuurder, Lawren Pringle.

Sy vertel die landgoed is oorspronklik deur die bekende, plaaslike argitek Desmond Howard ontwikkel, en dat Mirinda en Kallie van der Merwe ongeveer 'n jaar gelede oorgeneem het.

“In daardie stadium was dinge nie veel meer as 'n rou dop nie, en dit het amper 'n jaar geduur om alles in werking te stel en te kom tot op die punt waar dit vandag is,” sê sy.

Nou kan die klein maar toegewyde span van Droombos vir jou die perfekte pakket vir ‘n troue, korporatiewe geleentheid of selfs 'n romantiese wegbreek help skep.

Om te ervaar wat Droombos alles aanbied, neem Lawren ons op 'n vinnige toer deur die eiendom. Ons eerste stop is by De Rooie Gallery wat die perfekte ligging is vir kleiner geleenthede of 'n kerkseremonie vir tussen 10 en 250 mense. Tydens ons besoek is die ruimte vir 'n uitstalling gebruik.

Volgende was The Lounge, waar jy 'n koue goue of meer gesofistikeerde wyn- of whiskykeuses kan geniet. Die biblioteek is aangrensend, wat ideaal is vir kleiner konferensies, privaat etes of intieme vieringe.

Die vlagskiplokaal van Droombos is The Black Barn - 'n groot ruimte vir troues, groot konferensies of daardie verjaardagpartytjie waaroor jy al jare lank droom. Hier kan hulle tussen 180 en 500 mense akkommodeer en die ruimte het ook sy eie kombuisgeriewe.

Laaste maar nie die minste nie, is The Restaurant (oop van Dinsdag tot Sondag) waar ontbyt, middagete en aandete bedien word deur een van hul vier sjefs, en op versoek à la carte-etes of spesiale spyskaarte voorsit.

Hoewel Droombos 'n plek vir spesiale geleenthede is, bied die landgoed ook tien luukse kamers, elkeen met sy eie badkamer en stoep. Elke eenheid is vernoem na ‘n soort krui en spog met sy eie unieke dekor en ontwerpkenmerke, wat luukshede soos 'n Nespresso-koffiemasjiene en Egiptiese katoenlinne insluit.

Die Droombos-tuin spog met twee reusegrasperke, 'n verskeidenheid bome (insluitend 140 appelbome en twee akasias wat meer as 400 jaar oud is), kleurvolle blomme en 'n kruietuin.

"Ons sien baie uit daarna om ons eie kruie en groente in die kombuis te gebruik," sê Lawren.

Alle organiese materiaal word uit die komposhoop op die terrein gehaal. Wat Droombos ekstra spesiaal maak, is dat die meeste geboue enkelvoudige strukture op die grond is en deur plaaslike vakmanne met die gebruik van palissander, marmer en rooi Kalahari-sand afgerond is.

Geen wonder nie dat die landgoed ook 'n eie werkswinkel het waar maatwerk van hout en staal in 'n japtrap geskep kan word.

Droombos kan in alle behoeftes vir enige geleentheid voorsien.

Lawren sê hulle het bykans alles wat nodig is vir jou spesiale geleentheid, van eet- en drinkgoed tot dekor. As hulle dit nie het nie, reël hulle dit by verskaffers en help sodoende jou unieke pakket skep.

Besoek droombosvenue.com vir meer inligting of skakel 083 288 8352.

Soortgelyk

 

Anton Lubowski-gedenklesing vandag by Universiteit Stellenbosch

10 ure gelede | Mense

Die Suid-Afrikaanse politieke kommentator Max du Preez en regter Albie Sachs is die hoofsprekers by die eerste Anton Lubowski-gedenklesing wat op die 30ste herdenking van...

Twee Chinese moordbeskuldigdes borgtog geweier

1 dag gelede | Howe

Twee Chinese mans wat daarvan aangekla word dat hulle hul voormalige werknemer in April by die Andara-nedersetting in die Kavango-Oosstreek doodgeskiet het, is borgtog geweier....

Handelsknoop knap voor Brexit deurgehaak

1 dag gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Namibiërs wat graag aan ’n Skotse whisky weglê, en Britte wat van Namibiese beeshaas of ander prima beesvleissnitte hou, kan gerus slaap....

Hof toe oor voorskrifte

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - “Om van gewone mense in Namibië te verwag om afhanklik van ‘n doktersvoorskrif vir basiese medisyne te wees, is gelykstaande daaraan om...

Reuse-sege vir Okahandja-plakkers

1 dag gelede | Plaaslik

Yanna Smith – Inwoners van Vergenoeg, ’n onwettige nedersetting by Okahandja, het ná verskeie gemeenskapsvergaderings en -druk ’n reuse-oorwinning behaal.Dié druk, wat hoofsaaklik deur die...

Weer vir 12 September

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die Suide met 'n paar buie in die verre Suide, andersins sonnig en koel tot baie warm.KUS:...

Hage se lys ‘vervelig’

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Prof. Nico Horn sê pres. Hage Geingob se 10 kandidate om by Swapo in die Nasionale Vergadering (NV) aan te sluit, is...

‘Effense’ afname in hep. E-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal hepatitis E-gevalle in die land het in die eerste drie weke van Augustus afgeneem. Sedert ‘n uitbreking van die siekte...

Apple cuts prices, ramps up services

1 dag gelede | Tegnologie

Glenn Chapman - Apple unveiled its iPhone 11 models Tuesday with a price cut for the most basic models while also laying out plans for...