Droogteramp se knou kan miljarde kos
Droogteramp se knou kan miljarde kos

Droogteramp se knou kan miljarde kos

Statistiek wys die vleisbedryf kan weens die droogte met tot 15% inkrimp.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se rooivleisbedryf, ruggraat van die landbousektor en een van die sleuteluitvoerbedrywe, gaan jare neem om te herstel van die droogteramp se knou.

Om net 5% van die nasionale beeskudde van 2 miljoen diere en die skaapkudde van 4 miljoen diere (dus 100 000 beeste en 200 000 skape) oor die volgende 60 dae vir die slagmark af te rond, sal produsente N$170 miljoen kos. Dit is N$85 miljoen per maand.

Dié koste is deur die Namibië Landbou-unie (NLU) en Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) bepaal toe hulle die berekenings vir die gesubsidieerde veevoerskema gedoen het.

Hierdie unies wil deur die Dare to Care-rampfonds N$10 miljoen insamel om veevoere teen verlaagde pryse aan boere beskikbaar te stel.

Tot dusver is sowat N$4,2 miljoen ingesamel en die eerste lot van 76 000 sakke is daarmee bekom.

Volgens mnr. Ryno van der Merwe, president van die NLU, sal boere hul kuddes so vinnig as moontlik met ten minste 70% moet verklein.

Altesaam 92% van die land se weidingstand is ondernormaal, toon satellietopnames. Dit beteken boere kan nie soos in vorige droogtes op huurweiding elders in die land staat maak nie, want die situasie is met die uitsondering van enkele “vetkolle” oral kritiek, sê hy.

Dit beteken die NLU se kostesom van N$170 miljoen kan tot N$2,38 miljard styg indien produsente oor die volgende twee maande 70% van hul beeste afrond.

Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, sê ’n bees het 6 kg konsentraatvoer per dag nodig.

“Die afrondingskoste beloop dus N$25 per bees per dag as ’n bees op die veld loop. In hierdie stadium is daar egter nie meer weiding oor nie. Om nog ruvoer ook aan te koop, sal astronomiese bedrae kos. Geen boer kan daardie som bekostig nie, want ’n koei vreet 12 kg ruvoer per dag,” sê hy.

WAT STAAN BOERE TE DOEN?

Boskos as alternatief vir kommersiële veevoere is tans op alle boere se lippe. ’n Man wat die toon aangee met die vervaardiging hiervan, is mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO). Hy boer op Nimmerrus by Outjo.

“Ek het in 2013 begin ondersoek instel na boskos, maar omdat ek nie handvaardig is of meganies aangelê is nie, het ek nie gehou van die manier waarop dit gemaak word nie. Ek het besef die beginsel werk, maar die metode werk nie vir my persoonlik nie.

“Ek het artikels oor boskos gelees en ’n besoek gebring aan boere wat van boskosmasjiene gebruik maak wat in die bos staan en die kos daar maak.

“Dit behels dat jy die bos naby die masjien kap, dit saam met jou ander byvoere meng en die eindproduk daar en dan in sakke plaas – gereed om vir jou vee te voer.

“Jy skuif die masjien na waar die bos is. Die proses duur 45 minute en dan het ek 400 kg voer op my bakkie wat ek gaan uitgooi en wat die bees onmiddellik kan vreet,” sê hy.

In ’n e-pos waarin hy raad gee aan boere, skryf hy die volgende:

“Ek praat uit my eie ervaring en ek wil glad nie voorgee dat ek kennis van alle aspekte van bosbos het of alle antwoorde het nie. Daarvoor is die boerderygebiede in ons land net te uiteenlopend en elke boer se situasie net te uniek om te sê ‘wat vir my geld, geld ook vir die volgende ou’.

“Die aard en persoonlikheid van die boer ’n groot rol in die keuse van die wyse waarop hy boskos gaan maak. Dit hang af van sy ouderdomsgroep en watter tegniese vaardighede sowel as arbeidsbestuurvaardighede hy beskik. Dit is ongelukkig so dat ’n man maar op ’n ongemaklike plek geknyp word weens die arbeidsintensiwiteit van boskosproduksie.

“Die masjien wat ek gebruik, glo is die minste arbeidsintensief, maar ek wil nie een masjien teen ’n ander afspeel nie. Hoe duurder die masjien, hoe sekerder moet jy wees jy gaan boskos op ’n volhoubare grondslag deel van jou bestuurspraktyke op die plaas maak en dit nie net in krisistye soos rampdroogtes gebruik nie.

“Die stand van bosse op jou plaas en die tipe bosse speel ook 'n bepaalde rol. Toeganklikheid tot bosse en die groeikragtigheid van bosse is belangrik. My ervaringsveld van boskos strek tot gabbabos (Catophractus alexandri) en mopanie.

“Daar is egter produsente wat goeie ervarings het met swarthaak, sekelbos, rosyntjiebos, driedoring en noeniebos en ek glo enige bos wat normaalweg goed benut word op die plaas, sal goeie boskos maak. Hoe ouer en droër die bos is, hoe minder verteerbaar is dit en hoe meer selektief vreet die diere die boskos. ’n Mens sien gou genoeg in die voerbakke as daar te veel houtagtigheid agterbly en dan weet jy moet jy beter bos gebruik.

“Die grootste uitdaging by boskosproduksie is die oes van bosse, want handearbeid is nodig. Hoe vinniger die bosse versamel word, hoe meer tonnemaat kan verwerk word. Dit bly vir my verstommend hoeveel ton bosse op ’n hektaar staan wat tot voer verwerk kan word.

“Ek gebruik niks dikker as 20 mm nie. Mense vra baie of hoë, dik stamme gekerf kan word en my antwoord is ‘ons maak boskos, nie houtkos nie’.

“My sewe werkers oes met pangas, maar meganiese toerusting is natuurlik vinniger. Ek poog om 2 ton boskos per dag te maak. Dit bestaan uit vyf ‘trapsels’ van ongeveer 400 kg mengsels elk. Per mengsel gebruik ek 80% bos en die ander 20% word opgemaak uit ‘chop’ (60 kg), ureum (10 kg) en 25 liter verdunde lekstroop wat in 80 liter water verdun is. Hierdie persentasies en syfers is by benadering en is hoegenaamd nie ’n gebalanseerde rantsoen nie. Daar is verskeie ander resepte beskikbaar.

“Ek beveel boskos as droogtevoer en hulpmiddel aan, maar die feit bly staan dat dit ’n goed deurdagte besluit moet wees. Dit is kritiek belangrik dat ’n boer soveel inligting as moontlik versamel en gaan kyk waar ander dit reeds in die praktyk doen om te bepaal of jy kans sien.

“Dit is goedkoper as huurweiding, maar nie noodwendig goedkoop is nie. Ek kan ook getuig dat produksie nie ingeboet word nie, en dat die regte masjien die volhoubaarheid en kwaliteit van boskos bepaal.

“Laastens moet koste beheer en goed bestuur word.”

HERSTEL KAN 3 JAAR DUUR

Mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad, sê statistiek wys die bedryf krimp tydens droogtes met tussen 10% en 15%.

“Ná ’n droogte herstel die bemarkingsituasie nie tot wat dit voor die droogte was nie. Ons gaan ’n kuddeboufase van drie jaar of langer beleef, mits reënval terugkeer na normaal en bonormaal,” sê hy.

Strydom sê die bedryf is dankbaar vir die pryse wat Meatco tans betaal. “Ook aan die skaapvleiskant was my verwagting dat pryse meer sou val.”

Hy sê wat hom bekommer is dat Suid-Afrika ook ’n droogte beleef. “Ons kan net hoop vleisbehoeftes word gehandhaaf en produsentepryse bly goed.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%