Droogte toets lande se aanpasbaarheid
Droogte toets lande se aanpasbaarheid

Droogte toets lande se aanpasbaarheid

Ronelle Rademeyer
Dr. Kobus Laubscher

Objektiewe meting is ’n voorkeurvereiste vir die toepassing van beleid, maar té dikwels stuur politieke doelwitte finale besluitneming.
Voedselsekuriteit is ’n strewe, maar vir baie lande met akute voedseltekorte bly dit ’n onbereikbare droom, tensy humanitêre hulp van buite die landsgrense uitkoms bied.
Huishoudelike voedselsekuriteit is die gevolg en kroniese honger se sodanige destruktiewe gevolge het in 2015 aanleiding gegee tot die hersiening van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se doelwitte ten opsigte van volhoubare ontwikkeling.
Voedsel en landbou is omvattend geïntegreer in die 17 doelwitte wat strek van armoedeverligting, die uitwissing van hongersnood, verbeterde voedselsekuriteit en volhoubare landbou teen 2030. Daar is ook duidelike doelwitte aanvaar ten opsigte van die verband tussen optimale hulpbronaanwending en hoe dit tot onder meer die bevordering van voedselsekuriteit kan bydra.
In vele opsigte is dié 17 doelwitte dus gevrywaar teen politieke manipulasie. ’n Land se voldoeningstatus kan dalk toekomstige hulp rig, want daar is gewoon net nie meer kapasiteit om kronies afhanklike lande te help as dié lande nie self ook wíl en kán inspring om hul eie huis in orde te kry nie.
Die huidige droogte is ’n goeie toets vir lande se bereidwilligheid om aan te pas by die direkte gevolge, maar ook om te wys hoe dit toekomstige beleid kan rig. In Suid-Afrika was daar ’n ongehoorde en onaanvaarbare gesloer om die land droogtegeteister te verklaar. Met agt van die nege provinsies wat nou verklaar is tot droogtegeteisterde gebiede, ontsluit dit ander hulp.
Dit lei egter tot vrae oor toekomstige beleid wat al hoe belangriker word. Dieselfde geld ander lande in die streek wat afhanklik is van reën en gunstige landboutoestande in Suid-Afrika.

Du Pont
’n Gesaghebbende en objektiewe ontleding van 113 lande se voedselsekuriteitstatus word jaarlik­­s deur Du Pont gepubliseer. Dit gee ’n interessante blik op elke land se geskiedkundige prestasie binne drie verskillende kategorieë, welke indekse vervolgens geëkstrapoleer moet word om die nuutste verwikkelinge te verreken.
Die Du Pont-indeks ontleed die drie komponente van voedselsekuriteit, naamlik bekostigbaarheid, beskikbaarheid, en gehalte en veiligheid.
Dié ontledings word gedoen aan die hand van 28 unieke aanwysers. Die 2016-ontleding dui op matige verbetering sedert 2015 in Europa (+0.9), Sentraal- en Suid-Amerika (+0.8), Noord-Amerika (+0.7) en Asië en die Pasifiese Kom (+.06) as groepe lande. Indonesië het die grootste styging getoon van die 10 lande naamlik 2,7. Jemen se indeks het met 4,2 gedaal en onder die 10 lande met die grootste daling, tel Malawi (-0,6) en Bo­tswana (-0,9). Elk van dié lande sal na verwagting verdere dalings ervaar in die volgende jaar, gegewe die impak van die huidige droogte.
Wat Suid-Afrika betref (Namibië neem nie deel nie), lê die land 47ste uit 113 lande met ’n indeks van 62,9. Sover dit voorsiening aangaan, is Suid-Afrika 31ste en bekostigbaarheid en veiligheid 53ste.
Sterk punte (met ’n telling van 75 en meer) sluit in die aanwesigheid van voedselbeskermingsprogramme, voedingstandaarde, voedselveiligheid, voedselverliese en tariefbeskerming ten opsigte van invoere.
Belangrike aanwysers wat die toekomstige verbetering van die indeks kan strem, is die persentasie van die bevolking wat onder die bestaansminimum leef en boere se toegang tot finansiering. Die huidige hoë persentasie werkloses en die impak van die droogte op boere se kredietwaardigheid, sal ’n negatiewe impak op toekomstige indekse hê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° #N/A #N/A