Droogte maai onder leeus

Uitgeteerde wyfie by Mbakondja geskiet

22 April 2021 | Omgewing
Francoise Steynberg

’n Uitgeteerde leeu is Sondag langs ’n bokkraal by Mbakondja in die Noordweste deur ’n beampte van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme van kant gemaak.

In ’n skokvideo wat in die sosiale media versprei is, het ’n hartverskeurende toneel langs ’n kraal afgespeel met die leeuwyfie met ’n nekband wat net hulpeloos lê en brul. Die leeu is te swak en uitgeteer om enigiets te vang.

“Al die leeus hier lyk so. Mens voel seer om die leeus so uitgeteer te sien,” het die voorsitter van die Torra-bewaringsgebied, mnr. Tommy Adams, gister aan Republikein gesê.

“Drie honde is Maandagaand by De Riet deur leeus gevang. Daar is geen wild in die veld meer oor vir die leeus om te vang nie,” het hy gesê.

“Die gemeenskappe laat slaap nou al hul honde in hul huise.”

Adams sê ’n boer het aan hom gesê: “Tommy, ek voel ek moet ’n bok slag en vir die leeu gooi.”

Volgens mnr. Izak Smit van Desert Lions Human Relations (Delhra) wat krale in die Noordweste oprig om vee teen leeus te beskerm, is dit die vierde soortgelyke voorval die afgelope vyf dae. Die ander voorvalle het volgens hom ook by Mbakondja, Warmquelle, De Riet en die Save The Rhino Trust (SRT) se Ugab-kamp plaasgevind.

“Hierdie uitgehongerde leeus is desperaat om hoenders en honde te vang,” het Smit gesê.

“Omdat hierdie leeu met ’n nekband toegerus is, is ons van mening dit kon vermy gewees het,” meen hy.

“Hierdie leeu in die video is met ’n nekband toegerus, maar nêrens was die gemeenskappe vooraf gewaarsku nie. By De Riet het die beampte van die omgewingsministerie eers ná vier dae opgedaag.”

Smit sê die leeus is so uitgeteer weens die droogte in die Noordweste, maar ook weens oorbenutting as gevolg van die jagkwotas van die skiet-en-verkoop-beleid van die ministerie.

“Daar is nie in die jagkwotas voorsiening gemaak dat daar genoeg prooidiere vir leeus is nie,” sê Smit.

Hy verduidelik die sowat 130 leeus in die Kunenestreek moet elk 44 prooidiere per jaar vang wat die totaal op 5 720 prooidiere jaarliks te staan bring.

“Dit sluit nie ander roofdiere soos hiënas in wat ook van prooidiere afhanklik is nie. Die jagkwotas maak nie voorsiening hiervoor, óf vir natuurlike sterftes en droogtes nie. Dit stem nie ooreen met die wildtellings wat die bewaringsgebiede doen nie,” verduidelik Smit.

Die omgewingsministerie sou gister ’n mediaverklaring oor die voorval uitreik, maar dit het nie Republikein voor druktyd bereik nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

8 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

8 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

8 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

8 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

8 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

8 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

8 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...