Droogte hou Suider-Afrika gyselaar
Droogte hou Suider-Afrika gyselaar

Droogte hou Suider-Afrika gyselaar

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië, sy bure en ander lande in die streek word vanjaar deur ernstige ekonomiese druk in die gesig gestaar, met groot voedseltekorte weens die droogte, dalende geldeenhede, lae hulpbronpryse en die onstabiliteit in die Chinese ekonomie.
Dít vererger Suider-Afrika se stryd om ’n humanitêre ramp weens die droogte af te weer, omdat dié ekonomiese druk kos al hoe duurder maak.
Me. Ertharin Cousin, uitvoerende direkteur van die Wêreldvoedselprogram (WVP), sê hoewel mense baie hard werk om ’n krisis te voorkom, is dit besig om op ’n ramp af te stuur weens die swak geldeenhede.
Volgens die organisasie kan dit hongersnood vir tot 14 miljoen mense in Suider-Afrika beteken.
Daarteenoor sê die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre sake (Ocha) in Suider-Afrika tot 16,6% van mense in landelike gebiede gaan in 2016 voedselnood hê.
Suid-Afrika self moet meer as die helfte van die mielies wat hy benodig, invoer, terwyl pres. Edgar Lungu van Zambië sê dié land, wat gewoonlik mielies uitvoer, sal waarskynlik ook aan invoer moet begin dink.
Dit sal die eerste keer sedert 1997 wees dat Zambië moet mielies invoer.
Wat die situasie moeiliker maak, is dat die rand die afgelope 12 maande reeds 31% van sy waarde teenoor die dollar verloor het en die Zambiese kwacha 42%.
Volgens Suid-Afrika se minister van landbou, mnr. Senzeni Zokwana, sal lande in die streek tot 10,9 miljoen ton voedsel soos mielies, koring en sojabone moet invoer.
“As die lande se geldeenhede bly verswak, gaan dit ’n impak hê op hoeveel voedsel hulle sal kan invoer,” waarsku Cousin.
“Die internasionale gemeenskap sal moet seker maak dat hulle voorbereid is om lande in die streek te help. Ons wil nie ’n situasie hê waar veral kinders begin honger ly nie,” sê hy.


Namibiërs ly 3de meeste
Suid-Afrika is die land wat die grootste probleme het, met Ocha wat voorspel dat 74,7% van mense in landelike gebiede gaan sukkel om kos te kry. As die algemene bevolking in berekening gebring word, is dit ’n kwart van Suid-Afrikaners, met die grootste nood in die Noordwes-provinsie.
Lesotho is tweede met 30,1 % van die bevolking wat geraak word en Namibië derde met 29% van die landelike bevolking wat gaan honger ly. Botswana gaan die minste geraak word, met ’n verwagte 3,5 % van die bevolking wat nie kos sal hê nie.
Intussen wys die verslag van Namibië se Nasionale Vroeë Waarskuwing- en Voedselinligtingeenheid (NEWFIU) wat vroeër vandeesmaand vrygestel is die meeste huishoudings in die noordelike kommunale streke waar graan verbou, niks meer van verlede jaar se karige oes oor het nie.
Hulle moet stapelvoedselsoorte koop en dit met kos wat deur die regering se droogtehulp-voedselprogram beskikbaar gestel word, aanvul om te kan oorleef.
Hoewel voorbereiding vir die plantseisoen is gedoen, kon kommunale boere toe die opname gedoen is nog nie begin plant nie, aangesien dit nog te droog was.
Net so was weidingstoestande haglik en is talle veevrektes gerapporteer, veral in die noordwestelike dele van die Kunenestreek waar ondergemiddelde reënval al sedert 2012 die weiveld knou.
Volgens die verslag is belangrik dat streekrade en tradisionele leiers die situasie noukeurig monitor sodat die regering kan ingryp voordat mense begin honger ly. “Streeksraadlede word versoek om dié mense in hul gemeenskap te identifiseer wat hongersnood in die gesig staar en droogtehulpvoedsel aan hulle beskikbaar te stel ,” lui die verslag.
Dit word ook aanbeveel dat die regering seker maak genoeg trekkers word aan kommunale trekkers beskikbaar gestel om te plant aangesien die kondisie van hul beeste te swak is en hulle nie dié diere daarvoor kan gebruik nie.
’n Beroep word ook gedoen op private trekkereienaars om in te skakel by die regering se gesubsideerde ploegdiens en boere te help waar daar nood is.
Eie berig, asook Netwerk24 en Bloomberg.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%