Droogte eis sy tol
Me. Susanna Damaseb, ’n pensioenaris wat op ’n hervestigingsplaas tussen Otjiwarongo en Otavi boer, sny gras langs die B1-hoofpad om voer aan haar diere te voorsien. Sy sê die droogte wat tans die sentraal-noordelike gebied teister, dwing haar om lang afstande te loop en gewoonlik vanaf sewe-uur soggens gras langs die pad te sny. “Dit is reeds jare lank dat ek hier gras kom sny as daar nie reën is nie en daar nie gras op ons plaas is nie,” het Damaseb gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie