Dronkbestuurders vasgevat
Tanja Bause
In sy volgehoue stryd in die bekamping van misdaad in Windhoek het die stadspolisie saam met verskeie belanghebbendes die naweek veral gefokus op die bestuur onder die invloed van drank, die padwaardigheid van voertuie en die uitreik van lasbriewe.
Volgens senior superintendent Adam Eiseb van die stadspolisie is 46 mense in hegtenis geneem wat onder die invloed van drank bestuur het. Beslag is ook op hul voertuie gelê.
Elf lasbriewe, waarvan sewe vir alkoholverwante klagtes was, is ook uitgereik. Boetes is voorts uitgereik vir verskeie verkeersoortredings waaronder die bestuur sonder ’n wettige rybewys asook die versuim om by ’n stopstraat of rooi verkeerslig stil te hou.
Die Namibiese polisie het in samewerking met belanghebbendes Operasie Opotuli tussen Windhoek en Rehoboth van stapel gestuur. Volgens die polisie is 781 voertuie gestop waarvan die bestuurders vir alkohol getoets is, terwyl voertuie se padwaardigheid ook nagegaan is.
“In Rehoboth is 60 mense aangekeer wat onder die invloed van drank was, terwyl 23 hiervoor in hegtenis geneem is. Die res is by die polisiekantore op die dorp aangehou totdat hul alkoholvlak 0.00 gemeet het en hulle kon huis toe gaan,” het hoofinsp. Amalia Gawanas van Nampol gesê. Volgens haar is ook beslag op 23 voertuie gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie