'Dronk' tiener: strafbare manslagsaak uitgestel
'Dronk' tiener: strafbare manslagsaak uitgestel

'Dronk' tiener: strafbare manslagsaak uitgestel

Die tiener wat daarvan beskuldig word dat hy onder die invloed van drank drie mense doodgery het, se saak is gister uitgestel.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Landdros Celma Amadhila het gister Morné Mouton (18), wat op klagte van strafbare manslag en dronkbestuur tereg staan, se verhoor uitgestel en sy borgtog verleng.

Dié uitstel is versoek omdat die polisie se ondersoek nog nie voltooi is nie.

Mouton, wat ’n polisieoffisier, Manfred Gaoseb (35), en twee ander mans langs Sam Nujomarylaan in Hochland Park doodgery het, is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem op klagte van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van drank.

Die ander twee slagoffers was Werner Simon (22), and Joshua Ngenokesho, wie se ouderdom onbekend is.

Mouton het na bewering die spoedgrens oortree toe hy die drie mans wat op die sypaadjie gestaan het, getref het.

Die verhoor is tot 20 April uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2025-10-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer