• Tuisblad
  • Sport
  • Drikus verower ‘Everest’ in minder as tien ure

Drikus verower ‘Everest’ in minder as tien ure

Fietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Drikus Coetzee, een van Namibië se topfietsryers en ook Namibiese nasionale tydtoetskampioen vir 2018 en 2019, het vandeesweek die speke in ‘n unieke persoonlike uitdaging laat sing.

Die 27-jarige Coetzee van Windhoek het Dinsdag die eerste Namibiese fietsryer geword om die virtuele Everesting Challenge binnenshuis via die aanlyn Zwift-program in minder as tien ure op sy fiets af te lê.

Die uitdaging behels om 8 848 meter (die hoogte van Mount Everest) te behaal deur die selfde bergpas herhaaldelik te takel. Die rit moet ononderbroke voltooi word.

Daar is geen bepaalde tydperk waarin die ryer die uitdaging moet voltooi nie.

Coetzee se keuse was die ikoniese Alpe d’Huez-pas in die Franse Alpe van 12,44 kilometer en 1 030 m se vertikale klim met 21 haarnaalddraaie wat tussen 36 grade wissel.

Die berugte pas word jaarliks tydens die moordende Tour de France-fietstoer slegs een keer oorgesteek.

Toe Coetzee 8 848 meter ná 8,5 klimme en 216 km in 9 ure en 49 minute bereik, was hy nog nie tevrede nie. Hy het voortgegaan deur dié pas weer ‘n paar keer uit te daag en ‘n hoogte van 10 393 m (meer as 10 km hoog) in 11:43 geregistreer.

Die tien keer wat hy teen die Alpe d’Huez op en af is, gee ‘n totale afstand van 262 km wat hy teen ‘n gemiddelde spoed van 22,37 kilometer per uur afgelê het.

Sy prestasie plaas Namibië tans 97ste op die Everesting-program van lande wat dié uitdaging suksesvol voltooi het. Coetzee sê sy vinnige tyd was nie beplan nie, want dit was glad nie deel van sy planne nie.

Die gemiddelde tyd wat ryers neem om 8 848 m te behaal is 13 ure. Coetzee se tien ure rit plaas hom onder die room van ryers.

Coetzee sê: “Ek het die uitdaging aangepak om my persoonlike grense te verskuif. Ek het nog altyd van uitdagings en uithouritte gehou waar my geestelike, asook fisieke vermoëns tot die uiterste beproef word.

“Ek het daarin geslaag om die virtuele Everesting Challenge, waar die beroemde Alpe d’Huez-pas 100 persent nageboots word, tien keer te oorwin. My tyd van minder as tien ure om 8 848 m te breik, maak my die eerste Namibiër om dit te behaal.

“Ofskoon die tydsduur nie deel van my planne was nie, is my tyd van 9:49 van die vinnigste tye wat nog geregistreer is.

“Om die Alpe d’Huez-pas vir Namibiese fietsryers in perspektief te plaas kan hulle die Matchless-klim 25 keer moet herhaal om dieselfde pretasie aan te teken.

“Namibië is nou die 97ste land wat die uitdaging suksesvol voltooi het en dit sal sodanig by www.everesting.cc in die Hall of Fame aangeteken word,” het Coetzee trots aan Republikein gesê.

Coetzee het die afgelope paar jaar verskeie mylpale as talentvolle fietsryer in Namibië, asook buite die land se grense behaal. Hy het ook laasjaar ‘n massiewe bydrae gelewer om Namibië vir die Olimpiese Spele te help kwalifiseer.

PRESTASIES

Desert Dash (+- 370 km)

2017 Tweede in ‘n tweemanspan

2018 Tweede as soloryer

2019 Eerste as ‘n gemengde tweemanspan

2018

1 Namibiese nasionale tydtoetskampioen

2 Tweede in die nasionale padfietskampioenskap

3. Vyfde in die tydtoets by die Afrika-kampioenskap

4 Eerste in die Food Lovers Market-tydtoetsreeks

5 Bergfietskampioen in die Gravel & Dirt-reeks

7. Algeheel vyfde en beste Namibiese ryer in die Tour de Windhoek oor drie dae

2019

1 Namibiese nasionale tydtoetskampioen

2 Tiende in die tydtoets by die Afrika-spele

3 Vyfde in die tydtoets by die Afrika-kampioenskappe

4 54ste in Engeland by die tydtoetswêreldkampioenskappe

5 Eerste in die Food Lovers Market-tydtoetsreeks

6 Bergfietskampioen in die Gravel & Dirt-reeks

7. Eerste IN die Pick n Pay Cycle Classic.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%