Drietal na Nigerië
Die junior Afrika-atletiekkampioenskap begin môre in Abidjan en duur tot Saterdag 20 April. Drie onder 19-seuns van Atletiek Namibië het gister vertrek om die land te verteenwoordig. Van links staan Johan (Pikkie) Smit, die spiesgooier van die //Karasstreek, Ryan Williams (diskusgooi) van die Omahekestreek en Theron Human (100 meter) van Hardap. Hulle word deur Henk Botha van Noorde as spanbestuurder vergesel. By die senior nasionale kampioenskap twee naweke gelede het Smit (59.13 meter) en Williams (45.51 m) beide goud in hul onderskeie items gewen, terwyl Human die 100-finaal gehaal en vierde klaargemaak het (10.77s). Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie