Driemaande oue baba onder ses nuwe sterftes
'n Driemaande oue babameisie van Swakopmund is een van die ses nuwe Covid-19-verwante sterfgevalle wat vandag aangekondig is. Die gevalle sluit ook drie in Windhoek en een elk in Otjiwarongo en Grootfontein in. Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan nou op 592. Vandag is 102 nuwe gevalle aangemeld waarvan 15 leerlinge, een onderwyser, vyf studente, drie gesondheidswerkers en 11 werkers in die visbedryf is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 286 waarvan 129 in die hospitaal en 35 in die ICU is. Tot op hede het 44 162 mense herstel.
Tans word 3 976 kontakte gemonitor en 1 517 mense is in kwarantyn.
Tans word 3 976 kontakte gemonitor en 1 517 mense is in kwarantyn.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie