Driemaande oue baba jongste Covid-19-verwante sterfte
Driemaande oue baba jongste Covid-19-verwante sterfte

Driemaande oue baba jongste Covid-19-verwante sterfte

Henriette Lamprecht
'n Driemaande oue babaseuntjie is een van vier Covid-19-verwante sterftes wat vanaand deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue aangekondig is. Die vier sterftes is almal in Windhoek aangeteken en sluit buiten die babaseuntjie ook 'n 54-jarige vrou, 'n 30-jarige man en 'n 35-jarige vrou in. Elkeen het onderliggende mediese toestande gehad. Dit bring die totale getal Covid-19-verwante sterftes vir die land op 69 te staan.

Volgens Muinjangue het die land die afgelope 7 dae 28 Covid-19-verwante sterftes aangeteken. Dit is 'n gemiddeld van vier sterftes per dag. Die hoogste getal sterftes is in die ouderdomsgroep 40 tot 49 jaar met 'n totaal van 20 (30%), gevolg deur die ouderdomsgroep 60 tot 69 jaar met 28%.

Muinjangue het ook 210 nuwe gevalle aangekondig waarvan die meeste en wel 141 in Windhoek was. Hoë getalle is ook in Walvibaai (15), Keetmanshoop (12) en Rehoboth (14) aangeteken. Dit bring die totaal vir die land op 7 116 te staan. Tot op hede het 2 817 mense herstel en is die aktiewe gevalle 4 230. Tot op hede is 58 610 weefselmonsters getoets, 8 503 kontakte word gemonitor en 1 724 is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer