Driejarige sterf in motorongeluk
Driejarige sterf in motorongeluk

Driejarige sterf in motorongeluk

Tanja Bause
Die bestuurder van ’n bakkie het Vrydag omstreeks 15:30 glo beheer oor sy voertuig verloor nadat ’n band gebars het. Die bakkie het verskeie kere gerol. ’n Driejarige het op die toneel gesterf. Nog ’n vrou is op pad na die hospitaal op Gobabis dood.
Al 11 passasiers in die bakkie is uit die voertuig geslinger. Die bestuurder het ’n veiligheidsgordel aangehad. Die ongeluk het sowat 20 kilometer voor Omitara op die C29 tussen Omitara en Otjinene plaasgevind.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer