Drie sterftes, 36 nuwe gevalle
Drie sterftes, 36 nuwe gevalle

Drie sterftes, 36 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covidsterftes styg met drie tot 3 527. Gister is 36 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,2%. Die nuwe gevalle sluit ses leerlinge, drie onderwysers en twee gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 025 waarvan 64 in die hospitaal en tien in die ICU is. Tot op hede het 285 266 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 208 005 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96,4%.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer