Drie sterftes, 33 nuwe gevalle
Drie sterftes, 33 nuwe gevalle

Drie sterftes, 33 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Drie Covid-sterftes (twee tuis) skuif die totaal op na 3 520. Gister is 33 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,5%. Dit sluit 11 leerilnge, een onderwyser en een student in. Tans is daar 1 175 aktiewe gevalle waarvan 70 in die hospitaal en 11 in die ICU is. Totop hede het 276 431 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 195 973 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.

Kommentaar

Republikein 2026-06-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer