Drie sterftes, 280 nuwe gevalle
Die Covid-19-sterftes styg met drie tot 3 345. Nie een van die gevalle was ingeënt nie. Gister is 280 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 13%. Ohangwena het die hoogste getal gevalle (33%), gevolg deur Omusati met 26%. Onder die nuwe gevalle is 117 leerlinge (42% van gevalle), 12 onderwysers, vyf studente en vyf gesondheidswerkers. Vier gevalle (1,4%) het een dosis entstof ontvang, terwyl twee ten volle ingeënt was.
Tans is daar 2 391 aktiewe gevalle waarvan 204 in die hospitaal en 39 in die ICU is. Tot op hede het 200 517 hul eerste dosis entstof ontvang en 96 559 is ten volle ingeënt. Die herstelkoers staan op 95%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie