Drie sterftes, 269 nuwe gevalle
Die getal Covid-19-verwante sterftes sedert die eerste geval in Maart verlede jaar in die land aangeteken is, het met drie tot 264 gestyg. Die jongste sterftes sluit in die van 'n 77-jarige vrou in Gobabis, 'n 70-jarige man in Oshakati en 'n 60-jarige man in Windhoek. Uit die 269 nuwe gevalle uit al 14 streke van die land is 14 gesondheidswerkers, 14 leerlinge en vyf onderwysers, 18 studente, agt gevangenes in die Eenhana-aanhoudingselle, sowel as tien werknemers uit die mynbedryf. Khomas het steeds die meeste gevalle en wel 54 (20% van die totale gevalle), gevolg deur die //Kharasstreek met 41 (15%).
Nog 476 mense het herstel wat die totaal op 24 938 te staan bring en 'n herstelkoers van 86%. Dit sluit 343 in Khomas, 83 in Hardap, 29 in Kunene en 21 in //Kharas in.
Uit die 3 664 aktiewe gevalle is 297 in die hospitaal, 'n toename van 8,8% teenoor die van gister. Tans is 32 in intensiewesorgeenhede met die Khomas-gevalle wat 36% van die gehospitaliseerde gevalle uitmaak. Tans het die streek 107 gevalle in die hospitaal en 28 in ICU, gevolg deur 33 in die hospitaal in Erongo en een in ICU.
Tot op hede is 231 809 weefselmonsters getoets, 6 500 kontakte word tans gemonitor en 2 089 is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie