Drie sterftes, 190 gevalle waaronder 15 gesondheidswerkers
Die Covid-19-verwante sterftes het tot 163 gestyg. Dit ná drie sterftes in Windhoek en wel van onderskeidelik 'n 77-jarige en 80-jarige man en 'n 60 jarige vrou. Al drie het onderliggende mediese toestande gehad.
Windhoek het weer die hoogste getal Covid-19-gevalle en wel 107, 56% van die totaal vir die land van 190. Onder die gevalle in die hoofstad is sewe leerlinge en vyf onderwysers, sowel as vyf studente waaronder twee van Unam. Nege van die gevalle is werkers van dieselfde omgewing. Nog 15 gesondheidswerkers het positief getoets, met drie in Khomas, vyf elk vir Kunene en Oshana en een elk vir Erongo en Oshikoto.
Uit die 109 positiewe gevalle is buiten 107 in Windhoek, 19 in Opuwo, vier in Khorixas, een in Outjo, ses in Usakos, vyf in Swakopmund, vyf in Walvisbaai, drie in Omaruru, 16 in Oshakati, vier in Omuthiya, drie in Onandjokwe, vyf in Otjiwarongo, een in Okakarara, drie in Gobabis, een elk in onderskeidelik Outapi, Tsandi en Oshikuku, twee elk in onderskeidelik Lüderitz en Rundu en een in Rehoboth.
Nog 153 mense het herstel wat die totaal op 1 723 te staan bring. Dit sluit 98 in Khomas, 30 in Hardap en 25 in Otjozondjupa in.
Die aktiewe gevalle staan tans op 1 723 waarvan tien baie ernstig of kritiek is. Nege is in Khomas en een in Erongo.
Tot op hede is 177 749 weefselmonsters getoets, 3 767 kontakte word gemonitor en 764 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie