Drie sterftes, 125 nuwe gevalle
Die getal Covid-sterftes styg met drie tot 3 417. Gister is 125 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 8,4%. Dit sluit 35 leerlinge, 11 onderwysers en twee gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 548 waarvan 151 in die hospitaal en 22 in die ICU is. Tot op hede het 223 071 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 129 891 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie