Drie sterf weens messteke
Tanja Bause – Drie mans in Windhoek is die naweek met messe doodgesteek.
Mnr. Shiwana Shiitaka (29) is Vrydag omstreeks 21:30 in Amunyelastraat in Katutura met ’n mes doodgesteek.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het ’n bakleiery glo tussen die oorledene en drie mans uitgebreek.
Die oorledene is toe met ’n mes in die bors gesteek en het op die toneel gesterf.
Een verdagte (30) is in hegtenis geneem.
Nog ’n man is Saterdag om 22:00 in die Oshitenda- informele nedersetting in Katutura glo deur ’n 64-jarige man doodgesteek.
Volgens die polisie is die oorledene, mnr. Erastus Mwiikeni (37), drie keer met ‘n mes gesteek.
Die twee mans was na wat verneem word nefies wat in dieselfde omgewing gebly het.
Die mans het na bewering gestry oor eienaarskap van die sinkhuis waarin die oorledene gebly het.
Die oorledene het die verdagte glo met ’n graaf op die rug geslaan en die verdagte het na bewering terugbaklei en die man doodgesteek. ’n Verdagte is in hegtenis geneem.
In nóg ’n messteekvoorval is ’n 16-jarige seun in hegtenis geneem ná hy na bewering ’n 36-jarige man doodgesteek het.
Die voorval het na wat verneem word omstreeks 19:30 Saterdag in die Ongulumbashe-nedersetting in Katutura plaasgevind.
Volgens die polisie het die oorledene, mnr. Stefanus Iilonga, glo geld by die verdagte geleen. Die verdagte het sy geld na wat verneem word teruggeëis, maar Iilonga kon hom glo nie betaal nie.
Die verdagte het hom toe na bewering met ‘n mes in die bors gesteek en hy het op die toneel gesterf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie