Drie sterf in ongelukke
Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor.
In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n 27-jarige man op slag dood.
Dié ongeluk het Saterdag omstreeks 06:00, ’n paar kilometer van die Swakopmund-brug af, plaasgevind.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die oorledene, mnr. Paul Shifafule, probeer om ’n voertuig verby te steek toe hy teen ’n aankomende bakkie gebots het.
Shifafule, wat die enigste insittende in die kombi was, het ná die botsing beheer oor die voertuig verloor en teen nóg ’n bakkie gebots.
Van die bakkie se insittendes is met ligte tot ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.
Nog ’n man het Donderdag tussen 16:00 en 17:00 gesterf toe hy beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het. Dié ongeluk het op die pad tussen Maltahöhe en Helmeringhausen plaasgevind.
Adj.komm. Eric Clay, koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gesê die ongeluk het sowat 27 km van Maltahöhe af plaasgevind.
“Die bestuurder, mnr. Matheus Uukongo, het glo beheer oor sy bakkie verloor en die voertuig het omgeslaan. Hy is op slag dood en ‘n passasier is ernstig gewond,” het Clay gesê.
Die passasier is in die Mariental-staatshospitaal opgeneem.
Die liggaam van ’n man is Saterdag omstreeks 06:45 tussen die treinspore op die TransNamib-perseel op Mariental gevind. ’n TransNamib-werker het daarop afgekom.
“Die man is glo deur ’n trein omgery en sy voete is afgesny. Die liggaam is ook vir etlike meters saamgesleep,” het Clay gesê.
“Ons weet nog nie wat gebeur het nie en watter van die treine wat tussen Windhoek en Keetmanshoop ry oor die man gery het nie,” het hy gesê.
Die polisieondersoek duur voort en die man se naasbestaandes is nog nie van sy dood in kennis gestel nie. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie