Drie spesialiste opereer tandarts ná aanval

Verskeie gewapende rooftogte het die naweek in die hoofstad plaasgevind.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Drie spesialiste moes gister die bekende Windhoekse tandarts dr. Diaan Burger (56) in die Mediclinic opereer nadat hy en sy vrou, Elsa (55), Saterdagaand deur twee gewapende mans by hul huis in Daan Bekkerstraat in Olympia aangeval is.

Volgens die egpaar se skoonseun, mnr. Wynand Drotsche, het die twee aanvallers met balaklawas Burger met 'n handwapen en 'n bandligter erg aangerand.

“Sy oogbanke aan albei kante is ingeslaan. Sy voorkop, neus en wangbene is flenters en sy sinusse is ook beskadig.

“Albei is Saterdagaand ná die aanval in die Lady Pohamba private hospitaal opgeneem waar my skoonma 'n plaat tydens 'n noodoperasie gekry het nadat haar linkerkantste oogbank stukkend geslaan is,” het Drotsche gister aan Republikein gesê.

Sy skoonma is intussen ontslaan en veilig by die huis.

“My skoonpa is intussen na Mediclinic oorgeplaas waar drie spesialiste op hom geopereer het.”

Gister teen druktyd het Drotsche bevestig dat die operasie suksesvol was waartydens Burger 15 plate en vyf skroewe in sy skedel gekry het.

“Hy reageer, maar die swelsel moet nog sak. Hy sal nog drie dae in die intensiewe­sorgeenheid wees,” het Drotsche gesê.

Drotsche vertel hy en sy bekende fotograafvrou, Lerike Burger, is Sater­dag deur sy skoonouers na West Nest Lodge naby Gobabis geneem waar hulle die fotografie vir 'n bruilof gedoen het.

“Toe my skoonouers van Gobabis af teruggekom het, is hulle in die bosse deur die aanvallers voorgelê wat hulle by die garagedeur oorval het,” vertel Drotsche.

“Die aanvallers het 'n handwapen teen my skoonpa se kop gedruk en my skoonma geruk en pluk. Hulle het aan die aanvallers gesê om alles te vat.”

Drotsche vertel sy skoonma is geslaan en het van die oprit af in die tuin geval, waarna hulle haar man aangeval het.

“My skoonma het oor die tuinmuur gespring en by die bure om hulp aangeklop.”

Drotsche het bevestig dat daar niemand anders in die huis was nie en sy 18-jarige swaer het eers later op die toneel aangekom.

“My skoonma het hom in die straat voorgekeer sodat hy nie ook aangeval word nie.”



NIEMAND IN HEGTENIS geneem

Volgens Drotsche het die sekuriteitswag én die polisie nie veel hulp verleen nie.

Die aanvallers het met hul selfone en haar handsak weggekom. Volgens die Namibiese polisie is die verdagtes nog nie in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Dr. Burger se afsprake by sy tandartspraktyk in Pionierspark moes eers vir 'n onbepaalde tyd gekanselleer word totdat hy volkome herstel, het sy skoonseun bevestig.

Die ontvangsdame het gister die telefoon by sy praktyk geantwoord, maar het gesê sy moes voorlopig afsprake kanselleer.

Drotsche het gesê familie het intussen van Suid-Afrika gevlieg om die Burgers by te staan: “Die familie hou ons bymekaar. Die Burgers is al deur baie meer, hulle is sterk.”

Hy bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning.

Voorts is 'n man (27) volgens die Namibiese polisie Sondag omstreeks 20:45 in Okombahestraat in die Damara-lokasie in Katutura in sy linkerbeen glo uit 'n wit bakkie sonder registrasiemerke geskiet toe hy in die straat gestap het.

“Die slagoffer is na die Katolieke hospitaal vir behandeling geneem en sy toestand is stabiel. Die ondersoek duur voort,” sê die polisie.



TOERISTE BEROOF

Twee Switserse toeriste Saterdag omstreeks 11:00 in Andersonstraat in Klein Windhoek met messe gedreig en beroof.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die toeriste van 'n voertuig, twee rugsakke, een selfoon, twee kameras en klere beroof.

“Die voertuig is later verlate in die Babylon-­woonbuurt gevind, maar al die ander gesteelde items, ter waarde van N$75 381, is nog nie gevind nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” lui die misdaadverslag. Die polisieondersoek duur voort.

Nóg 'n gewapende rooftog het Saterdag omstreeks 23:00 by Brakwater by Aucor Namibia plaasgevind.

“Vyf mans, van wie een met 'n pistool en die ander met messe gewapen was, het die sekuriteitswag aan diens met die vuurwapen aangehou. Hulle het hom vasgebind en vir sowat drie ure aangehou,” lui die misdaadverslag.

“Die verdagtes het 12 sonpanele uit 'n vraghouer gesteel, op 'n bakkie gelaai en gevlug. Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%