Drie SA spelers loop deur in tugverhore
Drie SA spelers loop deur in tugverhore

Drie SA spelers loop deur in tugverhore

Rugby
Die Haaie se slot en kaptein, Ruan Botha, is vir vier weke geskors deur ’n tugkomitee van Sanzaar ná ’n voorval in die afgelope Vrydag se Superwedstryd teen die Jaguares in Buenos Aires.

Botha het by ’n losskrum ingedons en ’n teenstander met die skouer getref.

Die Stormers-vleuel Raymond Rhule is vir drie weke geskors vir die rooikaart wat hy Saterdag gekry het teen die Leeus op Nuweland.

Dit het gevolg nadat hy in die lug gespring en Ruan Combrinck in die gesig gestamp is nadat die Leeu-vleuel sy eie steekskoppie opgevolg het.

Rhule se spanmaat, die senter JJ Engelbrecht, is ’n week lank geskors ná twee afsonderlike voorvalle van ontoelaatbare spel in dieselfde wedstryd.

Die Brumbies-haker, Folau Fainga’a is ook vir ’n week geskors ná ’n ligte kopstamp in die wedstryd teen die Bulle in Pretoria waarvoor hy ook ’n rooikaart gekry het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer