Drie ooreenkomste met China kom
Verskeie memorandums van begrip sal gesluit word wanneer 'n hoëvlak- Chinese afvaardiging Namibië vandeesweek besoek.
'n Hoëvlak- Chinese afvaardiging onder leiding van mnr. Li Zhanshu, voorsitter van die Nasionale Volkskongres van China, gaan Namibië van 15 tot 17 Mei besoek.
Volgens 'n verklaring deur mnr. David Nahogandja, skakelbeampte van die Nasionale Vergadering (NV), het betrekkinge tussen China en Namibië verstewig sedert pres. Hage Geingob onlangs sy Chinese eweknie, pres. Xi Jinping, besoek het.
Die Chinese afvaardiging sal drie Afrikalande besoek. Namibië is laaste aan die beurt.
Volgens Nahogandja sal die speaker, prof. Peter Katjavivi, samesprekings met Li voer oor samewerking tussen die parlementêre instansies van die twee lande.
Die twee sal ook 'n memorandum van begrip oor wedersydse interparlementêre samewerking onderteken.
Dit fokus op die bou van kapasiteit op tegniese gebied, wat opleiding en uitruilbesoeke van parlementslede en personeel insluit.
Die afvaardiging sal ook 'n memorandum van begrip met die ministerie van die omgewing en toerisme onderteken en viertrekvoertuie en kampeertoerusting, insluitende tente vir teenstropingsoperasies, aan die ministerie skenk.
'n Verdere memorandum van begrip sal met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gesluit word vir die behandeling van oogkatarakte.
Toerusting vir hierdie behandeling sal onder 'n program bekend as die “Helderheidsveldtog” aan die ministerie geskenk word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie