Drie NWR-oorde Vrydag klink en blink
Des Erasmus - Die drie oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) langs die sentrale kus, Jakkalsputz, Myl 72 en Myl 108, sal Vrydag oopswaai vir vakansiegangers uit die binneland en selfs van oorkant die grense.
“Alles is op skedule,” het die beheerbeampte oor oorde van die kus, mnr. Francois Snijders, Maandag aan Republikein gesê.
Op die koop toe gaan Myl 108 nou ook deur die loop van die jaar 'n besoekersdiens lewer met Jakkalsputz net suid van Hentiesbaai en Myl 72 wat tot met die Paasnaweek oop gaan bly. Volgens Snijders kan Jakkalsputz en Myl 72 selfs langer as die Paasnaweek oop bly, afhangende van die besoekerstroom. Volgens 'n aanvanklike aankondiging deur Namibia Wildlife Resorts sou Jakkalsputz die kamp wees wat deur die jaar oop sou wees.
Die versekering van oop kampe het Maandag gekom ná 'n geskarrel sedert verlede week om alles gereed te kry. Toe was verskeie spanne “van oral” op pad om aan die regrukaksie deel te neem. Volgens Snijders het alles volgens die oorspronklike beplanning verloop. “Ons het in die verlede pogings aangewend om die kampe te privatiseer, maar dit werk nie,” het hy gesê.
Oor die toestand van die toilette op Jakkalsputz het hy gesê iemand het sy motor daar gediens en die ou olie in die toiletbak gegooi.
Hy het gesê die voorrade vir die kampwinkels was gister reeds op pad. Maandag is daar ook gewag op 'n vrag kalk om die staanplekke by die oorde behoorlik af te baken. Volgens hom is die staanplekke by Jakkalsputz ook groter gemaak, om vir groter groepe kampeerders voorsiening te maak.
Hy het beklemtoon dat die kampe deur die loop van die jaar aan die harde toestande van die kus blootgestel word. Rekening moet ook met windstorms soos dié van verlede week gehou word. Dit is ook moeilik om deurlopend toesig te hou met byvoorbeeld die kampeerbank van Jakkalsputz wat 4 km lank is. Volgens hom sal daar in die afseisoene nou deurlopend 'n teenwoordigheid van Namibia Wildlife Resorts daar gevestig word om toesig te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie