Drie ministers vra Zuma moet bedank
Druk laai op teen Suid-Afrika se president om die tuig neer te lê.
Minstens drie Suid-Afrikaanse ministers het pres. Jacob Zuma gevra om te bedank, het plaaslike media gister berig. Dit is die grootste uitdaging vir sy leierskap sedert hy in 2009 aan bewind gekom het.
News24 het bronne in die ANC aangehaal wat sê die minister van toerisme, Derek Hanekom, die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi en die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, het Zuma gevra om die tuig neer te lê.
Dit het plaasgevind tydens ‘n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC, wat oor die naweek gehou is en tot Maandag verleng is, midde ‘n warm debat oor Zuma se lot.
Die president, wat toenemende kritiek oor sy leierskap in die gesig staar, het verder onder druk gekom toe ‘n korrupsie-ondersoek vars beweringe van Zuma se wangedrag onthul het.
Die ondersoek deur die land se topwaghond-instelling, die kantoor van die openbare beskermer, het beskuldigings bevat oor moontlike kriminele aktiwiteite wat uit Zuma se verhouding met die Indiese Gupta-familie van sakelui spruit.
Die 74-jarige Zuma geniet egter nog sterk lojaliteit onder partylede en ander wetgewers, wat meegebring het dat hy met gemak ‘n wantrouemosie op 10 November in die parlement oorleef het.
"Daar is geen twyfel dat Zuma om sy politieke oorlewing veg nie,” het die politieke ontleder, Ranjeni Munusamy, op die webtuiste, Daily Maverick geskryf.
"Hy klou vas al is dit duidelik dat ‘n groot deel van die ANC en sy alliansies hom nie langer as president wil hê nie.”
‘n Toenemende aantal anti-apartheid veterane, ANV-aktiviste, vakbonde, burgergroepe en sakeleiers het die afgelope maande vir Zuma se bedanking gevra. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie