Drie meisies glo op Aranos verkrag

16 April 2019 | Misdaad
Tanja Bause – Drie meisies is die afgelope naweek na bewering in afsonderlike gevalle op Aranos verkrag.

’n 14-jarige meisie is Vrydag glo in die Nuwerus-nedersetting deur ’n 15-jarige seun verkrag. Die seun is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.

’n 15-jarige meisie is Vrydag in dieselfde nedersetting na bewering deur ’n 18-jarige seun verkrag. Hy is in hegtenis geneem.

Saterdag is ’n 15-jarige meisie glo in die Saamstaan-nedersetting op Aranos verkrag. Die verdagte het glo die meisie, wat by hom verbygeloop het, gegryp en in ’n verlate gebou ingesleep waar hy haar verkrag het. Die man is nog nie in hegtenis geneem nie.

’n 25-jarige man het glo Vrydag probeer om ’n vier maande oue baba te vermoor. Hy het na bewering die baba tussen sy bene gesit en probeer dooddruk. Hy het dit glo gedoen nadat die baba se ma hom vertel het die kind is nie syne nie. Die voorval het om 20:20 in die Illeni-nedersetting op Keetmanshoop gebeur. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die verdagte ’n oudpolisiebeampte. Die baba is in die hospitaal opgeneem vir behandeling en die polisieondersoek duur voort.

Die liggaam van ’n babaseuntjie is in die Namwater-kanaal by die Oshiputusheendjamba-nedersetting in die Outapi-kiesafdeling gevind. Die liggaam was saam met ’n baksteen in ’n doek toegedraai. Die baba is nog nie geïdentifiseer nie en die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Stanley Geingob (38), ’n onderwyser van Windhoek, het gister in die Windhoek-landdroshof in Katutura in verband met die moord op sy vrou verskyn. Hy het na bewering Vrydagaand by sy huis in Okuryangava aangekom en ná 'n bakleiery met sy vrou haar maag oopgesny. Me. Merentha Geingos is na die staatshospitaal in Katutura geneem en na die Windhoek Sentrale Hospitaal oorgeplaas. Sy het Saterdag aan haar wonde gesterf. Geingos was ’n onderwyseres by die Primêre Skool Steenkamp. Die verdagte het homself aan die polisie oorgegee. Hy is gister borgtog geweier.

DIEFSTAL

Vrydag het ’n werknemer van Indongo Toyota op Ongwediva verskeie motoronderdele en toebehore vanuit die werkwinkel in sy voertuig gelaai en huis toe gevat.

Hy is deur ’n sekuriteitskamera afgeneem terwyl hy die onderdele, ter waarde van N$48 000, in sy voertuig laai. Van die items is teruggekry en die man is in hegtenis geneem.

Twee gewapende rowers het Saterdag om 11:30 in Deltastraat in Khomasdaal N$10 000 kontant en twee selfone ter waarde van N$15 000 gesteel. Die slagoffers het die N$10 000 by ’n bank in Khomasdal getrek. Terwyl hulle die voertuig op die erf geparkeer het, het die mans die erf binnegekom en hulle met ’n pistool gedreig. Hulle het in ’n silwer Toyota Corolla sonder nommerplate gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Soortgelyk

 

Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike...

11 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, me. Ndiita Nghipondoka-Robiati sê 1 100 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike dienste is reeds...

Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

12 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, me. Martha Mbombo sê die aantal gevalle van geslagsgeweld het gestyg sedert...

Chinese vissersbote laat gaan

1 dag gelede | Visserye

Leandrea Louw - Die ses Chinese vissersbote waarop die Namibiese vloot beslag gelê het na hulle naby Hentiesbaai hul ankers laat sak het, is laat...

Gratis aanlyn jogaklasse vir almal

1 dag gelede | Gesondheid

Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00...

Kos vir hongeres

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Me. Tracy Vermeulen (32) geleentheidsbestuurder van die Wanderers-sportklub, vrou en ma van drie dogters, sê geen gebaar is te groot of te...

Meatco se fabriek heropen Woensdag

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het in die lig van die staatsproklamasie wat die landbouwaardeketting as ’n noodsaaklike diens verklaar en ná gesprekke met die ministers...

Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

1 dag gelede | Gesondheid

Die Russiese miljardêr en Namibiese grondbaron mnr. Rashid Sardarov gaan beskermende drag soos gesigmaskers, mediese brille, handskoene, persoonlike beskermende toerusting (PPE) en ander noodsaaklikhede ter...

Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europeërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer...

Virus knip kruistog kort

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Martin Esterhuizen (58) het 10 km buite Windhoek terug na sy huis in Otjomuise gestap. Dít met ’n houtkruis. “Ek het...