Drie mans wou glo renoster in Etosha stroop
Drie verdagtes wat glo ’n renoster in die Etosha Nasionale Park wou stroop, verskyn môre op verskeie klagte in die landdroshof op Kamanjab.
Hulle is Donderdag tussen Kamanjab en die plaas Marinhohe in dié distrik vasgetrek.
“Na bewering is die Namibiese mans afgelaai om ’n renoster in die Etosha Nasionale Park te stroop. Die polisie het ’n wenk ontvang en het vinnig daarop gereageer,” lui die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie.
“Die verdagtes is met ’n .458-geweer en 11 patrone van dieselfde kaliber in hul besit in hegtenis geneem. Nadat die polisie hulle verder deursoek het, is dagga ook by hulle gevind.”
Die trio is in aanhouding op Kamanjab en sal môre in die landdroshof op klagte van die onwettige jag en sameswering van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild (’n renoster) verskyn, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van dwelms.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie