Drie mans wou glo 'n renoster stroop
Drie mans wou glo 'n renoster stroop

Drie mans wou glo 'n renoster stroop

Francoise Steynberg
Volgens die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid se weeklikse wildmisdaadverslag van 30 Desember tot 5 Januarie, is agt verdagtes wat in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is.

Drie mans het glo probeer om 'n renoster in die Okahandja-distrik te stroop en twee is by Rundu oor vermeende ivoorsmokkelary vasgetrek.

Altesaam vier nuwe sake is aanhangig gemaak.

Beslag is op vier olifant- en twee seekoeitande gemaak, asook op een luiperdvel, twee krokodilvelle, een swartkwasmuishondvel, twee vuurwapens en 50 patrone gelê.

Kommentaar

Republikein 2025-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer