Drie mans vas oor twee olifanttande
‘n Angolese man en twee Namibiërs is verlede week glo met twee olifanttande in hul besit vasgetrek.
Die Angolees, mnr. Muaka Dinyando, en twee Namibiese mans, mnre. Bernard Moyo en Kamonga Thitamba, is verlede Dinsdag by Mukwe in hegtenis geneem.
Volgens die wildmisdaadverslag van 21 tot 27 September van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam ses vermeende wildmisdadigers in hegtenis en twee nuwe sake aanhangig gemaak.
Op Opuwo is mnre. Viatjiuaje Ngumbi en Berneditus Elias Wilhelm Sondag glo met ‘n ietermagôvel in hul besit vasgetrek.
In verband met ‘n ou renosterstroperysaak van Augustus by Okahao is mnr. Tobias Iiyambo Amutenya verlede Woensdag in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie