Drie lorries bots naby Okahandja
Drie lorries bots naby Okahandja

Drie lorries bots naby Okahandja

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ‘n Vragmotorbestuurder moes met Kake van die Lewe uit die verfrommelde kajuit van sy lorrie verwyder word toe drie vragmotors kort ná middernag Dinsdagnag sowat 35 km noord van Okahandja gebots het.
Hy is saam met die bestuurders van die ander twee vragmotors per ambulans na die staatshospitaal op Okahandja vervoer, vanwaar hy later na Windhoek oorgeplaas is, het mnr. Sean Naudé van Namibia Marshall Rangers Woensdagoggend aan Republikein gesê.
Dit blyk die ongelukstoneel was teen vroegoggend nog nie klaar opgeruim nie.
Nooddienswerkers en die polisie moes volgens Naudé by tye keer dat motoriste wat stilhou, van die vrag steel wat wyd oor die ongelukstoneel gestrooi gelê het.
Een van die vragmotors in die botsing was dié van ‘n koerierdiens wat pakkies vervoer het. Die ander twee vragmotors het onderskeidelik sement en verkoelde voedselprodukte soos kaas en vleis vervoer, sê Naudé.

Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer