• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Drie leerlinge van verskillende skole in die Windhoek distrik toets positief vir Covid-19
Drie leerlinge van verskillende skole in die Windhoek distrik toets positief vir Covid-19
Drie leerlinge van verskillende skole in die Windhoek distrik toets positief vir Covid-19

Drie leerlinge van verskillende skole in die Windhoek distrik toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Drie leerlinge van verskillende skole in die Windhoek-distrik is deel van die 39 (3,4%) nuwe Covid-19-gevalle uit 1 131 weefselmonsters wat getoets is, wat vandag in Namibië aangeteken is. Die gevallesluit 21 mans en 18 vroue in. Die ouderdomme wissel van 14 jaar tot 72 jaar. Uit die 39 nuwe gevalle is 14 in Windhoek, 11 in Rehoboth, 6 in Lüderitz, 3 in Oshakati, 2 in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Otjiwarongo, Oshikuku en Gobabis aangeteken. Die gevalle in Rehoboth is verwant aan 'n begrafnis waar positiewe gevalle vroeër aangeteken is.

Nog 38 mense het herstel wat die totaal op 11 379 te staan bring. Dit sluit 12 in Khomas, 10 in Otjozondjupa, 5 elk in onderskeidelik Ohangwena en Erongo en 3 elk in onderskeidelik Erongo en //Kharas in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 1 417. Uit die aktiewe gevalle is drie gevalle in die Khomasstreek in 'n baie ernstige of kritieke toestand.

Tot op hede 136 997 weefselmonsters getoets, 2 353 kontakte word gemonitor en 267 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land. Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan op 134.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer