Drie kinders verkool in hutbrande
Die polisie ondersoek twee brande waarin drie kinders gesterf het.
Drie kinders tussen 19 maande en 10 jaar het Dinsdag in twee afsonderlike voorvalle in hutte in Namibië doodgebrand terwyl hulle alleen tuis was, terwyl 'n vyfjarige meisie ernstige brandwonde opgedoen het.
'n Tienjarige seun, wat net as Ndapandula geïdentifiseer is, het Dinsdag omstreeks 11:00 in 'n sinkhuis in die Havana-woonbuurt verkool terwyl 'n meisietjie van vyf jaar ernstige brandwonde opgedoen het.
Die sinkhuis het tot op die grond afgebrand, sê die polisie in sy misdaadverslag.
Na bewering was die oorledene se ma nie ten tyde van die voorval tuis nie. Daar word vermoed die brand is deur gas veroorsaak.
'n Uur vroeër dié dag het 'n soortgelyke tragedie by Onakankunz-Oos, naby Omuthiya, plaasgevind. Die verkoolde liggame van die driejarige Itana Martha Itana en haar 19 maande oue boetie, Gideon Itana, is in die uitgebrande hut van hul ouma, by wie hulle gewoon het, gevind.
Volgens die polisie was hul ouma in daardie stadium na 'n nabygeleë winkel en is hul 18-jarige neef gevra om 'n ogie oor hulle te hou.
Hy het na bewering gehoor hoe die twee jong kinders skreeu en toe gesien hoe die hut in ligte laaie staan.
Hy het hulle probeer red, maar sy poging het misluk.
Dit is in hierdie stadium nog onbekend hoe die brand ontstaan het. Die polisieondersoek na beide dié voorvalle duur voort.
In 'n ander tragiese voorval is die liggaam van die 65-jarige Elifas Ntida Woensdagoggend by die Okamwiyu-nedersetting by Olukonda deur 'n buurman aan 'n draadheining gevind.
Hy het skynbaar sy kop deur die heining gesteek en verstrengel geraak. 'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal, sê die polisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie