Drie kinders verdrink
Drie kinders verdrink

Drie kinders verdrink

Francoise Steynberg
Drie kinders het Sondag verdrink.

Die 11 maande oue Anderson Penda Mbango het omstreeks 12:00 in 'n emmer water by sy huis in die Nomtsoub-nedersetting op Tsumeb verdrink.

Die eenjarige Severus Kalapuse Natangwe se lewelose liggaam is omstreeks 13:00 in 'n emmer water by sy huis in die Onamafila-nedesetting naby Okongo in die Ohangwenastreek gekry.

In dieselfde nedersetting het die tweejarige Pombili Shakela laat namiddag in 'n gronddam verdrink.

In al die gevalle duur die polisieondersoek voort.

Kommentaar

Republikein 2026-08-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer