Drie groot jare wag
Gister het Namibiërs op Rundu en elders in die land 27 jaar van onafhanklikheid gevier.
Opnuut was vrede, eenheid, patriotisme en die strewe na vooruitgang sleutelelemente van die regering se boodskap aan inwoners.
Sonder om alarmisties oor beweerde “vredehaters” en “retrogressiewe” derdemagte te wees, word dit riskant vir enige staat wanneer die gewone – en veral behoeftige – burger uitgesluit en ontmagtig voel.
Teen die tyd wanneer Namibië 30 jaar van vryheid vier, sal meetbare en noemenswaardige vordering gemaak moet word in die stryd teen armoede en korrupsie en die skepping van gediversifiseerde welvaart. Dinamiese landelike ontwikkeling sal 'n sleutelrol speel, het pres. Hage Geingob tereg in sy toespraak op Rundu gesê. Deel van die resep moet beter onderwys-, gesondheid- en ander dienste wees.
Dit is die kerntoets vir nie net die Geingob-bewind nie, maar almal in die land – ongeag herkoms of politieke affiliasie.
Die goeie bestuur van, en deling van welvaart is nie onderhandelbaar nie. Grond is maar net deel van hierdie welvaart.
In die opgawe van ons geskiedenis moet ons waak teen suiwer negatiewe voorstellings. Positiewe verhale moet vertel word – en nuwe verhale, soos Harambee, moet geskep en geondersteun word.
Elkeen moet die vrye wil waarna Geingob verwys het, aangryp om ons aspirasies te bereik. En hiervoor mag individuele aspirasies nie voor gesamentlike aspirasies staan nie.
Laat ons saam vertel aan verhale van sukses. En nuwe suksesverhale skep.
So sê ander
20 Maart 2017
Ekstremisme kan nie bestry word met ekstremisme
In die geheel genome het die Nederlandse kiesers 'n keuse vir die gematigde midde gedoen toe hulle verlede week 'n nuwe parlement gekies het.
Die Nederlandse uitslag stem ooreen met die voorspellings vir Frankryk en Duitsland. Die regse populiste gaan vordering maak, maar ver van 'n deurbraak bly.
In Nederland het die kiesers oorweldigend gestem vir partye wat in of rondom die politieke sentrum geleë is. Dit was 'n verstandige keuse.
Waartoe dergelike optrede kan lei, het Duitsland en Italië in die vorige eeu in die persone van Adolf Hitler en Benito Mussolini gesien. Dit sien Suid-Afrika tans ook.
Die beste antwoord op ekstremisme is nie méér ekstremisme nie. Dit is veel eerder in 'n verstandige en prinsipiële gematigdheid geleë.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie