• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Drie Covid-19-verwante sterftes in onderskeidelik Walvisbaai, Windhoek en Oshakati
Drie Covid-19-verwante sterftes in onderskeidelik Walvisbaai, Windhoek en Oshakati
Drie Covid-19-verwante sterftes in onderskeidelik Walvisbaai, Windhoek en Oshakati

Drie Covid-19-verwante sterftes in onderskeidelik Walvisbaai, Windhoek en Oshakati

Henriette Lamprecht
Drie Covid-19-verwante sterftes en wel die van 'n 51-jarige man van Oshakati, 'n 53-jarige vrou van Windhoek en 'n 70-jarige vrou van Walvisbaai is vandag aangekondig. Al drie gevalle het onderliggende mediese toestande gehad. Dit bring die totaal vir die land op 138 te staan.

Nog 27 nuwe gevalle is aangeteken en wel sewe in Windhoek, vier in Lüderitz, een in Keetmanshoop, vier in Swakopmund, een in Omaruru, drie in Outapi en een elk in onderskeidelik Tsandi, Engela, Eenhana, Rehoboth, Oshakati, Rundu en Gobabis. Dit sluit 18 vroue en nege mans in. Die ouderdomme wissel van 21 tot 58 jaar.

Die gevalle in Lüderitz sluit drie gesondheidwerkers in. Nog 55 mense het herstel en wel 26 in //Kharas, 14 in Oshikoto, 13 in Khomas en twee in Erongo. Dit bring die totaal op 12 243 vir die land te staan.

Tans is daar 989 aktiewe gevalle waarvan ses baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en vier kritieke gevalle in Khomas en een baie ernstige geval in Oshana in. Tot op hede is 139 346 weefselmonsters getoets, 2 428 kontakte word gemonitor en 304 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer