Drie Covid-19-verwante sterftes, 80 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië staan tans op 477 nadat nog drie sterftes - een elk in onderskeidelik Walvisbaai, Windhoek en Rundu - vandag aangemeld is. Vir vandag is 80 nuwe gevalle aangemeld waarvan agt leerlinge en vier gesondheidswerkers is.
Die aktiewe gevalle staan op 2 188 waarvan 179 in die hospitaal en 26 in ICU's is. Nog 149 mense het herstel wat die totaal op 38 942 en 'n herstelkoers van 94% vir die land te staan bring. Tans word 4 232 kontakte gemonitor en 1 747 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie