Drie beskuldigdes vir Ferrari-moord in die hof
Drie beskuldigdes vir Ferrari-moord in die hof
26 November 2020 | Howe
Die drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op mnr. Daniele Ferrari (52), op 14 Julie vanjaar by Avisdam, het vandag hul eerste verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak.
Mnre. Kefas Iileka (33), Johannes Muzabdma (32) en Muvua Antonio Vanuzo Cheme (25) staan tereg op klagte van moord, diefstal met verswarende omstandighede en poging tot moord.
Landdros Ivan Gawanab het beslis die drie moordbeskuldigdes moet in aanhouding bly ná die staatsaanklaer, me. Ntelamo Mabuku, borgtog teengestaan het.
Volgens Gawanab moet hulle ’n formele borgtogaansoek indien wat op 9 April 2021 aangehoor sal word.
Foto: Kristien Kruger

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
3 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
19 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
19 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
19 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
19 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
19 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
19 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
19 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
19 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies