DREAMS bemagtig jong vroue
DREAMS bemagtig jong vroue

DREAMS bemagtig jong vroue

Henriette Lamprecht
Die uitvoerende direkteur van die gesamentlike verenigde program vir MIV/vigs (UNaids), me. Winnie Byanyima, het onlangs begunstigdes van die DREAMS-projek in Namibië besoek. Die projek het ten doel om tienermeisies en jong vroue te bemagtig om hulself teen MIV/vigs te beskerm. Onder meer word seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste verskaf en beroepsgerigte voorligting asook klasse in finansiële geletterdheid aangebied. Die projek het in 2017 in Namibië afgeskop en ondersteun tans 36 000 tienermeisies en jong vroue.

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer