Drastiese stappe vir gesondheidsorg
Henriette Lamprecht - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het drastiese stappe geneem om te verseker dat goeie gehalte gesondheidsorg hul belangrikste prioriteit bly.
Volgens die minister, dr. Bernard Haufiku, is die begroting vir dagvergoeding met 80% gesny.
Internasionale reise is ingeperk, en slegs goedgekeurde reise wat ten volle geborg is, asook die bywoning van internasionale verpligtinge kry die groen lig.
Haufiku het gesê oortyd-skofte is met 80% verminder omdat die ministerie gaan verseker dat “alle vakante verpleegposte gevul word”.
Farmaseutiese produkte is met 23% verminder.
“Ons gaan voort om die meeste van ons farmaseutiese produkte in groot maat en direk van die verskaffers aan te koop, terwyl ons ook daaraan werk om weg te doen met die uitkoop van produkte,” het hy gesê.
Volgens Haufiku is die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) se rekening met 21% verminder.
Streng prosedures is in werking gestel vir weefseltoets-versoeke, wat in lyn met die kundigheid van 'n gesondheidswerker gedoen sal word.
Geen nuwe meubels gaan aangekoop word nie, terwyl die aankoop van voertuie, ambulanse uitgesluit, met 60% verminder is.
Personeel sal ook voortaan sonder koerante moet klaarkom.
Die ministerie het vanjaar 11% van die nasionale begroting of N$6,1 miljard ontvang.
'n Totaal van N$92,2 miljoen is aan openbare gesondheid afgestaan. Die doel is om die gesondheid en voeding van families en gemeenskappe te verbeter en te beskerm.
Spesifieke aktiwiteite is daarop gemik om onder meer moeder- en kindsterftes te verminder.
Genesende en kliniese gesondheidsorg kry N$5,4 miljard van die ministerie se begroting en sluit die verskaffing van 'n minimumpakket vir binne- sowel as buitepasiënte in.
'n Bedrag van N$862,9 is toegeken aan beleidsbeplanning, navorsing en ontwikkeling.
Haufiku het erken dié begroting hou uitdagings vir die ministerie in.
Vir maatskaplike welsyn is N$18,1 miljoen begroot, en dit sal onder meer op die voorkoming en behandeling van dwelm- en alkoholmisbruik fokus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie