Dramatiese WP-sege beklink sy N$1 000
Dramatiese WP-sege beklink sy N$1 000

Dramatiese WP-sege beklink sy N$1 000

Dani Booysen
Die Westelike Provinsie se streeptruie het Saterdag hul seisoen in die Carling Currie Cup dramaties gered deur tot komende naweek se semifinaal deur te dring.

Die Kapenaars onder kapteinskap van die slot Ernst van Rhyn het danksy twee laat drieë (insluitend 'n onderskepping ná die sirene) met 'n oorwinning van 35-24 uit Durban se Haaitenk gekom.

Nou wag die Blou Bulle op hulle in die halfeindstryd, terwyl die Haaie die tuisvoordeel teen die Tafel Lager Griekwas sal hê.

“Rod April is terug!” het die wenner van Republikein se tellingraai oor die uitslag en sy suksesvolle inskrywing gesê.

Dié Windhoekse WP-­ondersteuner het voorspel dat sy span met 35-28 sou wen. Hiermee was hy die enigste kwalifiseerder vir laas naweek se kontantprys van N$1 000.

Volgens April moes hy agter sy span staan, wat in sy woorde “in die vallei van doodskaduwee” beweeg het.

April se plan met sy wenprys is 'n verjaardaggeskenk vir sy dogter, wat aan die Noordwes-universiteit op Potchefstroom studeer.

Kommentaar

Republikein 2025-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer