Drama oor private skool
Dani Booysen - Met die ministerie van onderwys se sluiting van Educare Windhoek is honderde leerlinge se skoolloopbane in onsekerheid gedompel.
Volgens indrukke was hernude klagtes deur sommige ouers die laaste strooi vir owerhede, wat sê hulle gaan verder ondersoek instel.
Die saak kan dalk in die hof draai, waar partye op kil feite aangewese sal wees om hul sake te bewys.
Uit sekere oorde het ouers laat weet hulle is uiters tevrede met die skool. Maak egter nie saak hoe menings verskil nie, met die sluiting van die skool sit alle ouers en kinders nou in dieselfde boodjie.
Enersyds mag daar begrip vir toeskietlikheid wees, maar andersyds moet ''n mens wonder hoe ''n skool reeds vir drie jaar onderrig verskaf sonder dat daar volgens die ministerie aan die vereistes vir formele registrasie voldoen is. Is daar ook ander skole wat op dieselfde, goedgunstige wyse toegelaat word om onderrig aan te bied sonder dat hul geregistreer is?
Die wetlike bepaling dat registrasie vereis word voordat enige onderrig mag geskied, is daar om ouers, leerlinge, alle ander partye en onderrigstandaarde te beskerm. Dit is te verstane.
Konsekwente, landwye optrede is egter noodsaaklik. Daarsonder kan subjektiwiteit en onregverdigheid te maklik ''n rol speel.
Wat nou nodig is, is meer as net ''n bitter en duur les. Oplossings wat tot almal se voordeel strek, is altyd die ideaal. Hoe die saak ook al uitdraai, moet dit ook die reëls en beste praktyke opnuut glashelder aan alle Namibiërs uitstippel.
So sê ander
30 November 2016
ANC vererger net sy eie pyn met vasklou aan Zuma
Die bykans ongelooflike gebeure wat hom die afgelope naweek in die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) afgespeel het, bied die eerste werklike teken van hoop dat pres. Jacob Zuma se politieke invloed finaal aan die taan is.
Dit blyk uit berigte dat daar ''n min of meer gelyke verdeling was tussen NUK- en kabinetslede wat Zuma gepak en verdedig het. Dit bewys die algemene aanname, dat hy groot meerderheidsteun in die liggaam het, was oordrewe. Dat bykans die helfte van die NUK-lede bereid was om hom en sy meelopers vir drie dae lank in die oë te kyk en te vertel waarom hy moet gaan, wys daar is nog ''n rasionele kern in die ANC oor wat landsbelang bo dié van eie gewin plaas. Hoewel dit ''n sigbaar verswakte Zuma is wat uit die NUK stap, gaan heelwat meer nodig wees as die ANC meen hy het nog enige kans om sy geloofwaardigheid terug te wen. • NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie