Draf ten bate van Hope Village
Geldinsameling
Tielman van Lill
Lede van die Mothers Running-groep sal Vrydag met ‘n geldinsamelingveldtog vir die Running for Riley-stigting die langpad van Windhoek af deur die Khomas Hochland en die Namib na Swakopmund aandurf.
Die 372 kilometer word vanjaar ten bate van die Hope Village Namibië in Windhoek afgelê waar meer as 90 weeskinders gehuisves word wat deur MIV/vigs geaffekteer word of verwerp is.
Dié aflosbyeenkoms wat deur agt spanne gehardloop word, sal Vrydag om 06:00 by die padblokkade op die Gamsbergpad begin en om 18:00 by Tiger Reef aan die kus eindig. Dit word verwag dat elke span ‘n minimum afstand van 46.5 km gedurende die dag voltooi.
Wat kan jy doen?
“Ons hoop om N$100 000 in te samel en al die geld wat ingesamel word, sal aan die Hope Village geskenk word. Die geld word gebruik vir die dag-tot-dag-bestuur van Hope Village asook die verskaffing van weggooidoeke en formulemelk vir ‘n hele jaar. Help ons asseblief om die wêreld ter nagedagtenis van Riley ‘n beter plek te maak. Ondersteun ons en help die drawwers om die eindpunt te bereik. Ons het jou nodig!” skryf die organiseerders.
Hoe het dit begin?
Die Running for Riley-stigting is deur Karen en Amit Mohan in die lewe geroep nadat Riley, hul eenjarige dogtertjie, nege dae ná haar eerste verjaarsdag 'n onverklaarbare wiegiedood gesterf het. In Engels is dit "Sudden Unexplained Death in Children" (SUDC) en meer daaroor kan by www.sudc.org gelees word. Onverklaarbare wiegiedood kom onder kinders ouer as een jaar oud voor en ongeveer 1,4 uit 100 000 kinders word daardeur geraak.
Ná Riley se dood het haar ouers die stigting op die been gebring om geld vir kinderwelsynsorganisasie in te samel en ouers van skielike onverklaarbare wiegiedood in te lig.
Vir meer inligting en donasies kan "Running for Riley" op Facebook of www.today.com.na/give/run-for-riley besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie