Draf of stap vir Twaloloka
Draf of stap vir Twaloloka

Draf of stap vir Twaloloka

Pretdraf
Tielman van Lill
Die jaarlikse Bank Windhoek-spanaflos vir liefdadigheid vind môre tot Sondag by Farm Windhoek, asook elders oraloor die land plaas.

Anders as in die verlede kan deelnemers by www.webscorer.com hul spanne van vier registreer. Dit maak nie saak in watter dorp of deel van die land deelnemers hulle bevind om in die mans-, vroue- of gemengdespanafdeling deel te neem nie.

Spanne kan die 21.1 kilometer, 42.2 km of 63.3 km tuis op ’n trapmeul of met ’n stappie of draffie aflê. Vir die avontuurlustiges wag die oop pad en veld om hul bydrae te lewer.

Me. Jacquiline Pack, uitvoerende bemarkingshof van Bank Windhoek, het dié week die borg se nuwe planne aangekondig. In die verlede is die opbrengs van die liefdadigheidsbyeenkoms aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk, maar vanjaar sal die slagoffers van die brand laas Sondag in Twaloloka, Walvisbaai, die begunstigdes wees.

“Ons hoop om soos in die verlede met dié aflos ’n positiewe verskil aan mense se lewens te maak,” het Pack gesê.

Vir meer inligting, kontak [email protected] gerus.

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer