Draaier vervang Rhodes in SA span
Krieket
Johann de Jager - Jonty Rhodes se onttrekking is nie net 'n groot terugslag vir die Suid-Afrikaanse span nie, maar ook vir die Wêreldbeker-toernooi vir spelers ouer as 50 jaar vanweë die wêreldwye status wat hy geniet.
So sê Allan Donald, afrigter van SA span, oor die nuus dat Rhodes hom aan die toernooi vir goue oues onttrek het weens botsende verpligtinge. Dié skouspel begin op 11 Maart in Kaapstad.
Rhodes het hom vroeër verbind tot 'n reeks vertoonstryde in Indië, wat aanvanklik later sou plaasvind, maar wat nou vroeër gespeel gaan word.
“Dis frustrerend en jammer, want ek het regtig uitgesien na nog 'n kans om 'n Wêreldbeker te wen,” sê Rhodes.
Hy sal steeds die span met sy voorbereiding bystaan.
Donald sê Rhodes se teenwoordigheid sou baie vir die toernooi beteken het.
“Maar kontrakte is kontrakte; ongelukkig kon hy nie uit hierdie een kom nie nadat dinge verander het,” sê Donald.
Die voormalige SA snelbouler sê die feit dat Rhodes nog baie betrokke is by die spel en baie fiks is, maak dit 'n hengse verlies.
Hy noem ook dat hulle Rhodes se veeghoue en hoe hy te werk gaan teen draaiers, baie sal mis.
“Baie van die spanne het vier tot vyf draaibalboulers in hul groepe. Die kolfblaaie van die klubvelde gaan einde Maart baie draai vat. Die blaaie is al 'n bietjie moeg hier aan die einde van die seisoen en die draaiers kan daarom 'n groot faktor wees.”
Juis om dié rede is Rhodes deur Bruce Wilson vervang. Hy is 'n gedugte bybreker, wat al langer as 25 jaar in die Westelike Provinsie se Premierliga vir WPKK en Claremont speel. Hy is dus ook met die plaaslike speeltoestande vertroud.
“Bruce kan nog 'n groot faktor wees,” het Donald gesê.
Die SA groep: Dave Callaghan (k), Louis Koen, Alan Dawson, Pieter Strydom, Kenny Jackson, Dave Holgate, Anwell Newman, Neil Fusedale, Rodney Malamba, Mlungisi Ngece, Dave Duncan, Bruce Wilson, Warne Rippon, Brad Player, Nazeem White, Henry Williams.
• Die toernooi word tussen 12 lande beslis en die eindstryd is op 24 Maart op Nuweland.
Die twaalf lande is: Groep A: Australië, Kanada, Nieu-Seeland, Sri Lanka, Wes-Indië, Zimbabwe. Groep B: Engeland, Indië, Namibië, Pakistan, Suid-Afrika, Wallis.
Namibië se span: Lennie Louw (kaptein), Gielie Vermuelen (onderkaptein), Rudi Birckenstock, Trevor Britten, Etienne Brits, Basie Buitendag, Francois Erasmus, Ashley Griffiths, John Hamman, Graham McMillan, Louis Nortje, Johan Rudolph, Dee Thakur, Daneel van der Walt, Melt van Schoor, Willie van Zyl. Spanbestuurder: Leeba Fouche. Speler-afrigter: Dee Thakur.
• Australië het Pakistan met drie lopies in die eindstryd van die vorige toernooi in 2018 in Sydney geklop.
– Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie