Draaiboulers flous Titans lelik
Krieket
Andrew Poolman – Met een oorwinning elk en 'n geloof aan beide kante dat hulle tot nóg beter in staat is, gaan die vonke beslis nog spat in die Castle Lite-krieketreeks tussen die Namibiese Eagles en die Titans-toerspan.
Dean Elgar se Pretorianers het Saterdag in die enigste eendagwedstryd die knoop deurgehaak, toe hul totaal van 224/9 voldoende was om die Namibiërs (190 almal uit) met 34 lopies te verslaan.
Theunis de Bruyn se 62 lopies (73 b) was die ruggraat van die besoekers se wenpoging, terwyl Namibië se aanslag ondanks vyftigtalle deur Michael van Lingen (51 van 59 balle, 5x4) en JJ Smit (69 nie uit nie van 80 balle, 2x4 3x6) nie kon herstel nadat hulle op 54/5 gesteier het nie. Die Titans se aanvangsboulers Corbin Bosch (3/34) en Dayyaan Galiem (2/39) het vroeë skade aangerig.
• In die eerste T20-stryd gister was die skoen egter behoorlik aan die ander voet en Namibië se draaiboulers het die Titans vir 'n vernederende 43 uitgeboul, in antwoord op die Eagles se 140 (Stephen Baard 62 van 49 balle, 4x2 2x6).
Die intellente draaiboulwerk en akkurate veldwerk van Namibië was deurslaggewend op die Wanderers-kolfblad, waar Pikky ya France (vier paaltjies vir 9 lopies in 4 boulbeurte) as speler van die wedstryd bekroon is.
Sy draaivennote Bernard Scholtz (3/7 in 2.3) en kaptein Gerhard Erasmus (2/13 in 4) was ewe giftig.
Erasmus het sommer in die eerste boulbeurt met opeenvolgende balle toegeslaan, deur Jiveshan Pillay (4) self uit te vang, voordat Theunis de Bruyn (0) die volgende bal in Ya France se hande geslaan het.
In die volgende boulbeurt het Ya France dieselfde binne twee balle vermag. Eers het Nicol Loftie-Eaton 'n wonderlike vangskoot met een hand raakgevat nadat hy ver moes hardloop en laag geduik het om Sibonelo Makhanya (0) terug te stuur, voor die draaier Gihahn Cloete (3) se bypen raakgeboul het.
Van daar het die druk van die vereiste kolftempo die skaal toenemend in die meedoënlose Namibiërs se guns geswaai.
• Dié week se bepalings:
Dinsdag 31 Augustus: T20 (14:00)
Woensdag 01 September: T20 (14:00)
Donderdag 02 September: T20 (14:00)
FOTO’s
Michael van Lingen het hom Saterdag ingegrawe vir ’n moedige vyftigtal in die eendag-verloorstryd. Foto Andrew Poolman
Pikky ya France se draaiballe het hom gister vier paaltjies en die toekenning as speler van die wedstryd besorg. Foto Tielman van Lill

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie