Dr. Mendelsohn sluit by navorsingsentrum aan
Dr. John Mendelsohn, een van Namibië se topwetenskaplikes, is as die nuwe uitvoerende direkteur van die Ongava-navorsingsentrum (ORC) in die Ongava-wildreservaat aangestel.
Mendelsohn is die skrywer of medeskrywer van meer as 75 wetenskaplike joernale en tegniese verslae, 34 boeke en baie artikels, lui 'n verklaring van Ongava. Dié Namibiër het ook verskeie wetenskaplike joernale en boeke geredigeer en is die hoofskrywer van die Namibië se atlas.
"Mendelsohn het uitgebreide ervaring op vele gebiede. Hy stel veral belang in navorsing oor roofdiere, ’n landelike lewensbestaan en riviere."
Hy was die direkteur van Durban se natuurgeskiedenis-museum, en het dié posisie ook by die Namibië Nasionale Museum beklee.
Mendelsohn se vrou, Celia, is 'n onderwyser en beplan om basiese onderrig en opleidingsprogramme vir volwassenes aan landelike gemeenskappe te gee.
Die stigter en navorsingsdirekteur van die ORC, dr. Ken Stratford, het gesê "ons is opgewonde oor die vooruitsig om Mendelsohn as uitvoerende direkteur in ons volgende fase van die ontwikkeling van die ORC te hê".
Mendelsohn sal sy nuwe pos van 1 November 2018 af beklee en vanuit Windhoek werk tot die wetenskap- en navorsingkampus by Andersson's Camp by Ongava voltooi is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie