Dr. Japie van Zyl Saterdag deel van InSight se lansering
            
                                                            Ronelle Rademeyer - Namibië se dr. Japie Van Zyl, wat reeds sedert 1986 by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) as ruimtewetenskaplike werk, gaan weer Saterdag die wêreld na sy asem laat snak wanneer hy en sy span die InSight-sending lanseer.
Dié tuig sal om 04:05 Saterdagoggend (Amerikaanse tyd) by die Vanderberg-lugmagbasis in Kalifornië gelanseer word, waarna dit op 26 November op Mars sal land.
Die verkenningstuig se landingsterrein is die Elysium Planitia in die noordelike halfrond van Mars.
Daar sal dit vir 2 jaar lank met spesiale instrumente onder die oppervlak grawe om na antwoorde te soek wat die vorming van planete soos Mars, Venus, Mercurius en die Aarde sal help verklaar.
Grafieka: mars.nasa.org
                                    
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie